Kiri Te Kanawa

Kiri Te Kanawa
Te Kanawa in 2013
Gebore
Claire Mary Teresa Rawstron

6 Maart 1944 (1944-03-06)
BeroepOperasanger (Sopraan)
Jare aktief1968–2017
EggenootDesmond Park
(trou 1967; geskei 1997)
Kinders2

Kiri Jeanette Claire Te Kanawa,[1] gebore Claire Mary Teresa Rawstron op 6 Maart 1944) is 'n gewese Nieu-Seelandse operasangeres. Sy beskik oor 'n vol en liriese sopraanstem, welke al beskryf is as "sag, maar tog lewendig, warm, ruim en ongedwonge".[2] Te Kanawa het in die 1980's drie top 40 albums in Australië gehad.[3]

Te Kanawa het reeds in verskeie lande eerbewyse ontvang,[4][5] en 'n wye verskeidenheid werke wat dateer uit die 17de tot die 20ste eeu in verskeie tale gesing. Sy word veral geassosieer met die werke van Mozart, Strauss, Verdi, Händel en Puccini, en het aansienlike sukses behaal met die vertolking van prinsesse, die adel, en ander soortgelyke karakters.

Hoewel sy gedurende haar latere loopbaan min opera gesing het, het Te Kanawa dikwels konsert- en solo-opvoerings gegee en ook meesterklasse aangebied.[6] Haar laaste opvoering was in Oktober 2016 in Ballarat, Australië. Sy het egter haar uittrede eers in September 2017 aangekondig[7]

  1. "Te Kanawa, Dame Kiri (Jeanette Claire), opera singer". Ukwhoswho.com. doi:10.1093/ww/9780199540884.001.0001 (inactive 30 November 2020).{{cite web}}: CS1 maint: DOI inactive as of November 2020 (link)
  2. John von Rhein (30 Julie 2001). "Kiri Te Kanawa sails at Ravinia". Chicago Tribune. Besoek op 10 Februarie 2020.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aus
  4. "Profile: Tonight she sings for Britain: Kiri Te Kanawa, most beloved". 12 September 1992.
  5. Rhein, John von. "Nostalgia flows freely as beloved diva charms fans at Ravinia. But don't call it a farewell". chicagotribune.com.
  6. Matt Thomas, "Dame Kiri Te Kanawa on coaching young singers", Walesonline.co.uk, 8 Desember 2008.
  7. "Dame Kiri takes final bow in brilliant career", Weekend Herald, 16 September 2017. Besoek op 14 November 2017

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy